Brugbou-konferensie

‘n Konferensie oor die bou van brûe in gesinne, families en verhoudings.

Stabiele gesinne vir Afrika

 

  • Venue:Familiekerk NG Kameeldrif, Kameeldrifweg, Kameeldrif–Oos
  • Datum: 21 en 22 Augustus 2010 
  • Tyd: Saterdag 08:30-13:30, Sondag 09:00-10:30
  • Koste: R60.00 per persoon

Brugbou-konferensie op Facebook

Internet Inskrywing

Laai inskrywingsvorm af

Hoekom ‘n brug?

‘n Brug vra nie net ‘n lewe nie maar ‘n brug gee ook lewe—hiervan sal baie brugbouers jou vertel. By menige brûe wat gebou is het mense gesterf sodat ander die brug kan gebruik om deel van ‘n nuwe lewe te kan wees.

Verhoudings—of dit gesin, familie of vriendskapsverhoudings is, dit kan vergelyk word met ‘n brug. ‘n Brug waar kinders kan grootword en oorstap na die wêreld, of waar vriendskap ‘n brug word waar die ander kan kom vrede en rus vind sonder kritiek en spanning.

Wat wil ons met hierdie konferensie doen?

Ons wil bydra tot die brugbouers: mans en vrouens, families en landsburgers. Ons wil help om verhoudingsbrûe so te bou dat mense die ou bestaande brug weer sterk kan maak of ‘n nuwe horison kan ontdek deur oor ‘n nuwe brug te stap.

 

 

 

 

 

 

 

Willem Pretorius

Wat gebeur as die storms van verandering oor ons brug breek?

Elmari Mulder Craig

Wat gebeur as die storms van stukkende verhoudings oor ons brug breek?

Julian Müller

Kan die kerk help om die brug te versterk?


James Kirkpatrick

Saamwoon – ‘n brug na êrens of nêrens?

 

Sondag eredienste: Christus is  ‘n brugbouer en daarom is ons ook brugbouers!

 
Ds Jampie en dr Marius Nel

 Dr Marina en ds Jaco Strydom